Tablet & NoteBook 1000 px +
Rekenaar


Selfoon
320 px +



Spaarrekeninge

Beleggingsopsies

Finansiering

Debietkaarte

Aandeelhouding












Oranjekas
Spaar en Krediet
Koöperatief Beperk
Reg 2009/003378/24
NCRCP 5204


Collinslaan 1241
Môregloed, 0186
012 754 5454
0865 369 953 (faks)
kontak@oranjekas.co.za
Posbus 32585, Waverley, 0135





Wie is Oranjekas?
Oranjekas is ʼn spaar- en kredietkoöperasie wat verskeie dienste aan sy lede bied.

Dit is ʼn demokratiese, ledegedrewe, selfhelp koöperasie. Dit word besit en beheer met ʼn gemeenskaplike doel. Die lede verkies ʼn direksie, wat dan ʼn bestuur aanwys vir die nodige bestuurfunksies. Die lede verkies ook ʼn toesighoudendekomitee om toesig te hou oor die bedrywighede van die direksie en bestuur.


ʼn Gedeelte van die ledegeld word gebruik vir lenings aan sy lede teen ʼn redelike rentekoers en aanvaarbare risikoneming.

Rente word gehef teen die lenings om die beleggings se rente te dek, asook vir administrasie en bestuur.

Daar word geen wins aan buite-instansies uitbetaal nie en die besluit oor hoe daarmee gehandel moet word, berus by die lede.

Die doel is om aan ekonomiese selfstandigheid, as volksbehoefte, uitvoering te gee deur bankdienste op ʼn professionele basis aan lede te lewer.

Die volgende produkte word onder andere aangebied:
• Spaarrekeninge.
• Vaste Deposito’s.
• Debietkaart.
• Lenings en finansieringsopsies.
• Korttermynversekering makelaarsdienste deur filiaalmaatskappy Kasfin (Edms) Beperk, FSP 43599
( Geregistreer by FSCA )




Ekonomiese
Selfstandigheid
Ons moet ons eie strukture begin skep insluitende die bankwese. Dit is hier waar Oranjekas ʼn rol te vervul het deur as finansiële voertuig op te tree vir ons mense se geld. Oranjekas is die eerste stap na ʼn eie selfstandige volkseie bank!

Deur self beheer oor ons eie geldsake te hê, word die geleentheid geskep om eerstens goeie, betroubare diens te lewer in ons mooi Afrikaanse taal en tweedens om die wins wat uit die proses gegenereer word, terug te kanaliseer na die volk en sy werksaamhede.

‘n Volk red homself! Oranjekas het uit die volk ontstaan en gaan vir die volk bly bestaan.

Neem deel en help so om ons ekonomies vry te kry en later volkome vry.



Aandeelhouding
● Word deel van Oranjekas deur aandele op te neem.
● Minimum aandelevereiste is 5@R100 elk. ʼn Jaarlikse administrasiefooi van R50 is ook betaalbaar, plus registrasiefooi op die aandele. Slegs R551,25 maak u dus mede-eienaar van Oranjekas! Lidmaatskap is beperk tot lede van die Volksekonomieklub. (Skakel gerus vir inligting.)
Oranjekas poog om ʼn volkseie instelling te word met registrasie as ʼn koöperatiewe bank.
●Bou saam aan ʼn eie Volksekonomie!




Spesiale
Beleggingsopsies


● Spesiale Kinderbeleggings tot op ouderdom van 18
jaar teen primarentekoers -3% p.j.


(Prima gekoppel, vanaf 26 Mei 2023 is primakoers 11.75%)





Spaar & Beleggings


Bankkoste
Maandfooi
Transaksie-
koste
Spaarrekening
R15
R13*
Vaste Deposito
R10
R15*
*) R 5 vir betalingsbewyse en
maandelikse state

Spaarrekeninge
• Maandelikse aftrekopdragte beskikbaar
• Fondse altyd beskikbaar
• Gratis telefoniese saldonavraag
• Rentekoers
<R10 000 3.5%
>R10 000 4.0%

• Rekeninge sonder transaksies vir 3 maande
word “onaktief”. Rentekoers verlaag met 1.5%.




Vaste Deposito’s vanaf 14 Junie 2023


Minimum saldo: R 1 000-00

Tydperk maande
6
12
24
36
48
60
R 1 000 -
R 10 000
6.50
6.75
7.00
7.50
7.75
R 10 001 -
R 50 000
6.75
7.00
7.25
7.75
8.00
R 50 001 -
R 100 000
7.00
7.25
7.50
8.00
8.50
R 100 001 -
R 150 000
7.25
7.50
7.75
8.25
9.00
R 150 001+
8.25
8.75
9.00
9.25
9.75
R100 000 +
Bestaande Lede
10.25
R1 000 000 +
Nuwe Lede
10.25


V
oordele op vaste deposito’s
• Maandelikse onttrekking of oorplasing van rente.
• Koerse gekoppel aan primakoers.
• Kerke, gemeentes en volks-instansies kry 0.50%
ekstra per jaar.
• Aandeelhouding is ʼn vereiste.


L
enings
Tipes lenings wat aangebied word

• Korttermyn Lenings
• Persoonlike lenings
• Motorfinansiering
• Verbandlenings




Bankbesonderhede


Rekening:
Oranjekas Spaar en Krediet Ko-op
Bank:
Standard Bank
Tipe rekening:
Tjek
Rekeningnr.:
27 124 0490
Takkode:
01 05 45 (Silverton)


Direksie
AD Alberts (Voorsitter)
R Du Plessis (Onder Voorsitter)
JJ Scholtz (Besturende Direkteur)
J Otto
JP van Eck
H Van De Graaf
IM Bredenkamp
CJ Jordaan
PWH Aucamp
MJL Jordaan


Toesighoudende Komitee
B Vorster
CG Oosthuizen


Oranjekas is ‘n Koöperatiewe Finansiële Instansie, geregistreer by die Reserwebank (afdeling PA).



Nuutste Plasing:
Sondag 4 Februarie 2024

Oranjekas is tydens ‘n stigtingsvergadering op 27 September 2008 gestig en finale registrasie het plaasgevind op 25 Junie 2009