Oranjekas is ʼn spaar- en kredietkoöperasie wat verskeie dienste aan sy lede bied.
Dit is ʼn demokratiese, ledegedrewe, selfhelp koöperasie. Dit word besit en beheer met ʼn gemeenskaplike doel. Die lede verkies ʼn direksie, wat dan ʼn bestuur aanwys vir die nodige bestuurfunksies. Die lede verkies ook ʼn toesighoudendekomitee om toesig te hou oor die bedrywighede van die direksie en bestuur.
ʼn Gedeelte van die ledegeld word gebruik vir lenings aan sy lede teen ʼn redelike rentekoers en aanvaarbare risikoneming.
Rente word gehef teen die lenings om die beleggings se rente te dek, asook vir administrasie en bestuur. Daar word geen wins aan buite-instansies uitbetaal nie en die besluit oor hoe daarmee gehandel moet word, berus by die lede.
Die doel is om aan ekonomiese selfstandigheid, as volksbehoefte, uitvoering te gee deur bankdienste op ʼn professionele basis aan lede te lewer.
Die volgende produkte word onder andere aangebied:
• Spaarrekeninge. • Vaste Deposito’s. • Debietkaart. • Lenings en finansieringsopsies. • Korttermynversekering makelaarsdienste deur filiaalmaatskappy Kasfin (Edms) Beperk, FSP 43599 ( Geregistreer by FSCA )
Ekonomiese Selfstandigheid
Ons moet ons eie strukture begin skep insluitende die bankwese. Dit is hier waar Oranjekas ʼn rol te vervul het deur as finansiële voertuig op te tree vir ons mense se geld. Oranjekas is die eerste stap na ʼn eie selfstandige volkseie bank!
Deur self beheer oor ons eie geldsake te hê, word die geleentheid geskep om eerstens goeie, betroubare diens te lewer in ons mooi Afrikaanse taal en tweedens om die wins wat uit die proses gegenereer word, terug te kanaliseer na die volk en sy werksaamhede.
‘n Volk red homself! Oranjekas het uit die volk ontstaan en gaan vir die volk bly bestaan.
Neem deel en help so om ons ekonomies vry te kry en later volkome vry.
Aandeelhouding
● Word deel van Oranjekas deur aandele op te neem. ● Minimum aandelevereiste is 5@R100 elk. ʼn Jaarlikse administrasiefooi van R50 is ook betaalbaar, plus registrasiefooi op die aandele. Slegs R551,25 maak u dus mede-eienaar van Oranjekas! Lidmaatskap is beperk tot lede van die Volksekonomieklub. (Skakel gerus vir inligting.) Oranjekas poog om ʼn volkseie instelling te word met registrasie as ʼn koöperatiewe bank. ●Bou saam aan ʼn eie Volksekonomie!
Spesiale Beleggingsopsies
● Spesiale Kinderbeleggings tot op ouderdom van 18 jaar teen primarentekoers -3% p.j. (Prima gekoppel, vanaf 26 Mei 2023 is primakoers 11.75%)
• Rekeninge sonder transaksies vir 3 maande word “onaktief”. Rentekoers verlaag met 1.5%.
Vaste Deposito’s vanaf 14 Junie 2023
Minimum saldo: R 1 000-00
Tydperk maande
6
12
24
36
48
60
R 1 000 - R 10 000
6.50
6.75
7.00
7.50
7.75
R 10 001 - R 50 000
6.75
7.00
7.25
7.75
8.00
R 50 001 - R 100 000
7.00
7.25
7.50
8.00
8.50
R 100 001 - R 150 000
7.25
7.50
7.75
8.25
9.00
R 150 001+
8.25
8.75
9.00
9.25
9.75
R 100 000 +
Bestaande Lede
10.25
R 1 000 000 +
Nuwe Lede
10.25
Voordele op vaste deposito’s
• Maandelikse onttrekking of oorplasing van rente. • Koerse gekoppel aan primakoers. • Kerke, gemeentes en volks-instansies kry 0.50% ekstra per jaar. • Aandeelhouding is ʼn vereiste.
AD Alberts (Voorsitter) R Du Plessis (Onder Voorsitter) JJ Scholtz (Besturende Direkteur) J Otto JP van Eck H Van De Graaf IM Bredenkamp CJ Jordaan PWH Aucamp MJL Jordaan
Toesighoudende Komitee
B Vorster CG Oosthuizen
Oranjekas is ‘n Koöperatiewe Finansiële Instansie, geregistreer by die Reserwebank (afdeling PA).
Nuutste Plasing: Sondag 4 Februarie 2024
Oranjekas is tydens ‘n stigtingsvergadering op 27 September 2008 gestig en finale registrasie het plaasgevind op 25 Junie 2009