Selfoon 320 px +
Tablet & NoteBook 1000 px +

Rekenaar
1430 px +











Spaarrekeninge

Beleggingsopsies

Finansiering

Debietkaarte

Aandeelhouding









Oranjekas
Spaar en Krediet
Koöperatief Beperk
Reg 2009/003378/24
NCRCP 5204
Collinslaan 1241
Môregloed, 0186
012 754 5454
0865 369 953 (faks)
kontak@oranjekas.co.za
Posbus 32585, Waverley, 0135





Die Krag van Finansiële Selfbeskikking


Welkom by Oranjekas, ons eie Spaar- en Kredietkoöperasie.

By Oranjekas is elke lid se finansiële voorspoed en selfbeskikking, ons hoogste prioriteit.
By Oranjekas glo ons in die krag van samewerking en selfhelp, en streef ons om 'n ware verskil in die lewens van ons lede te maak.

As 'n geregistreerde Koöperatiewe Finansiële Instelling sedert 2009, het Oranjekas die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die Nasionale Kredietreguleerder, BankSeta en die Finansiële Sektor Gedragsowerheid. Dit verseker dat ons streng internasionale finansiële standaarde handhaaf, om ons lede se belange te beskerm.

Ons unieke struktuur, soos uiteengesit in die Oranjekas Grondwet, maak ons 'n demokratiese, ledegedrewe organisasie. By Oranjekas word besluite geneem deur ons lede, vir ons lede. Ons lede verkies 'n direksie en 'n toesighoudende komitee om die belange van ons lede te behartig en om die integriteit van alle transaksies te verseker.

Oranjekas bied 'n wye verskeidenheid bank- en versekeringsdienste aan ons lede. Van spaarrekeninge tot vaste deposito's, lenings en versekeringsopsies. Ons is hier om jou te ondersteun op elke tree van jou finansiële reis. Ons strewe daarna om 'n redelike rentekoers en aanvaarbare risikobestuur te handhaaf, sodat ons lede die maksimum voordeel kan trek uit hul spaar en vaste deposito’s, asook die lenings wat aan streng goedgekeurde lede met sekuriteit, gemaak word.

By Oranjekas gaan dit nie net oor winste nie. Ons glo in die beginsel van ekonomiese selfstandigheid vir almal. Deur die kanalisering van ons wins na die gemeenskap, en deur die skep van geleenthede vir ons lede om deel te neem aan die eienaarskap van ons koöperasie, bou ons saam aan 'n beter, vryer toekoms vir almal.

Sluit vandag nog by Oranjekas aan en help ons om die drome van ekonomiese vryheid te verwesenlik. Saam is ons sterk, en saam kan ons groot dinge bereik.

Oranjekas - Jou Finansiële Vennoot vir die Toekoms!
Hubert Adendorff
Besturende Direkteur
Tel: 012 754 5454

Direkteure:
R Du Plessis(Voorsitter.) ● HP Adendorff(Besturende Direkteur) ● MH Wessels(Direkteur) ● AD Alberts ● H van de Graaf(Sekretaris.) ● J Otto ● JP van Eck ● IM Bredenkamp(Onder Voorsitter) ● MJL Jordaan


Die volgende produkte word onder andere aangebied:
• Spaarrekeninge.
• Vaste Deposito’s.
• Debietkaart.
• Lenings en finansieringsopsies.
• Korttermynversekering makelaarsdienste deur filiaalmaatskappy Kasfin (Edms) Beperk, FSP 43599

( Geregistreer by FSCA )




Ekonomiese Selfstandigheid



Ons moet ons eie strukture begin skep insluitende die bankwese. Dit is hier waar Oranjekas ʼn rol te vervul het deur as finansiële voertuig op te tree vir ons mense se geld. Oranjekas is die eerste stap na ʼn eie selfstandige volkseie bank!

Deur self beheer oor ons eie geldsake te hê, word die geleentheid geskep om eerstens goeie, betroubare diens te lewer in ons mooi Afrikaanse taal en tweedens om die wins wat uit die proses gegenereer word, terug te kanaliseer na die volk en sy werksaamhede.

‘n Volk red homself! Oranjekas het uit die volk ontstaan en gaan vir die volk bly bestaan.

Neem deel en help so om ons ekonomies vry te kry en later volkome vry.





Aandeelhouding
● Word deel van Oranjekas deur aandele op te neem.
● Minimum aandelevereiste is 5@R100 elk. ʼn Jaarlikse administrasiefooi van R50 is ook betaalbaar, plus registrasiefooi op die aandele. Slegs R551,25 maak u dus mede-eienaar van Oranjekas! Lidmaatskap is beperk tot lede van die Volksekonomieklub. (Skakel gerus vir inligting.)
Oranjekas poog om ʼn volkseie instelling te word met registrasie as ʼn koöperatiewe bank.
●Bou saam aan ʼn eie Volksekonomie!




Spesiale Beleggingsopsies


● Spesiale Kinderbeleggings tot op ouderdom van 18
jaar teen primarentekoers -3% p.j.


(Prima gekoppel, vanaf 26 Mei 2023 is primakoers 11.75%)







Spesiale Beleggingsopsies


Bankkoste
Maandfooi
Transaksiekoste
Spaarrekening
R15
R13*
Vaste Deposito
R10
R15*
*) R 5 vir betalingsbewyse en maandelikse state

Spaarrekeninge
• Maandelikse aftrekopdragte beskikbaar
• Fondse altyd beskikbaar
• Gratis telefoniese saldonavraag
• Rentekoers
<R10 000 3.5%
>R10 000 4.0%

• Rekeninge sonder transaksies vir 3 maande
word “onaktief”. Rentekoers verlaag met 1.5%.





Vaste Deposito’s vanaf 14 Junie 2023



Minimum saldo: R 1 000-00
Tydperk maande
6
12
24
36
48
60
R 1 000 - R 10 000
6.50
6.75
7.00
7.50
7.75
R 10 001 - R 50 000
6.75
7.00
7.25
7.75
8.00
R 50 001 - R 100 000
7.00
7.25
7.50
8.00
8.50
R 100 001 - R 150 000
7.25
7.50
7.75
8.25
9.00
R 150 001+
8.25
8.75
9.00
9.25
9.75
R 100 000 +
Bestaande Lede
10.25
R 1 000 000 +
Nuwe Lede
10.25

V
oordele op vaste deposito’s
• Maandelikse onttrekking of oorplasing van rente.
• Koerse gekoppel aan primakoers.
• Kerke, gemeentes en volks-instansies kry 0.50% ekstra per jaar.
• Aandeelhouding is ʼn vereiste.


Lenings
Tipes lenings wat aangebied word
• Korttermyn Lenings
• Persoonlike lenings
• Motorfinansiering




Bankbesonderhede



Rekening:
Oranjekas Spaar en Krediet Ko-op
Bank:
Standard Bank
Tipe rekening:
Tjek
Rekeningnr.:
27 124 0490
Takkode:
01 05 45 (Silverton)


Oranjekas is ‘n Koöperatiewe Finansiële Instansie, geregistreer by die Reserwebank (afdeling PA).




Nuutste Plasing:
Donderdag 13 Augustus 2024
Oranjekas is tydens ‘n stigtingsvergadering op 27 September 2008 gestig en finale registrasie het plaasgevind op 25 Junie 2009


Kom besoek ons eie stalletjie by KragDag!