Oranjekas Eksterne kaart (Diamond Cash)Vrae en antwoorde
Die kaarte is voorafbetaalde debietkaarte wat by enige OTM of verkoopspunt gebruik kan word waar die Mastercard logo verskyn. U kan koop, rekeninge betaal en geld oorplaas. U kan selfs addisionele kaarte vir familielede bekom.
- Hoe aktiveer ek my kaart?
Om u kaart te aktiveer en u pin op te stel, moet u 0861 113 673 skakel en die outomatiese proses volg. Alternatiewelik kan u ‘n kortboodskap stuur aan 31571 met die woord “Activate” en die laaste 4 syfers van u kaart.
- Hoe kies ek ‘n PIN?
U PIN is ‘n vier syfer nommer wat u moet memoriseer en veilig hou. Moet nie u PIN neerskryf op die kaart of iewers in u beursie nie. U moet u kaart hanteer asof dit kontant is. Niemand van Oranjekas sal u vra om u pin aan hulle te verskaf nie, en moet nooit u pin per e-pos aan enige iemand stuur nie.
- Hoekom word ek persoonlike vrae gevra?
Wanneer u skakel vir bystand of navrae, moet ons seker maak dat ons wel met die kaarthouer praat. Dit is net vir u sekuriteit.
- Wie bel ek as ek ‘n navraag het?
U skakel eerstens direk vir Oranjekas by 0860 104 297. As Oranjekas u nie in u navraag kan help nie, sal Oranjekas u verwys na die kontaksentrum van Diamond Cash.
- Waar kan ek die kaart orals gebruik?
By enige OTM wat die Mastercard logo vertoon, asook by enige betaalpunt wat die logo vertoon. 6. Hoe gebruik ek die kaart by ‘n OTM?
Deur u kaart en PIN te gebruik kan u kontant onttrek en saldo’s aanvra.
- Hoe gebruik ek my kaart om aankope te doen?
U gee net die kaart aan die verskaffer wat hom deur die kaartmasjien sal trek. U sal nie vir ‘n PIN gevra word nie, maar net dat u die strokie sal teken. Die aankoopbedrag sal direk van u balans afgetrek word.
- Hoe vra ek my balans aan?
a) Deur u balans aan te vra by enige OTM of POS-masjien.
b) Deur Oranjekas te skakel
c) Stuur ‘n kortboodskap na 31571 met die woord “balance”
d) Deur op die webwerf te registreer vir internetbankdienste.
- Kan die kaart oortrek word?
Nee, die kaart kan nie oortrek word nie. As die aankoopbedrag of die bedrag wat u wil onttrek (plus kostes) meer is as wat u balans is, sal die transaksie geweier word.
- Wat gebeur as my kaart verlore of gesteel is?
SKAKEL DADELIK 0861 113 673 EN RAPPORTEER U KAART!
Sodra u die kaart as verlore of gesteel aangemeld het, is u kaart gekanselleer en kan die kaart nie meer gebruik word nie. Enige transaksies wat gebeur voor u die kaart gerapporteer het, sal vir u rekening wees. U kan dan aansoek doen vir ‘n nuwe kaart wat dan aan u uitgereik sal word.
- Kan ek kontant trek by ‘n Supermark of ander handelaars?
U kan by sekere handelaars kontant trek met u kaart. Shoprite/Checkers, Pick n Pay, PEP-winkels en sekere SPAR-winkels laat sulke onttrekkings toe.
- Kan ek nog steeds ‘n kommersiële bankrekening hê?
U kan nog steeds ‘n ander bankrekening hê. U kan oorplasings doen vanaf u kaart na enige bankrekening in SA. Vir telefoniese oordrag skakel Oranjekas by 0860 104 297, of registreer op die internetbankdiens wat sulke betalings moontlik maak.
- Hoe kry ek ‘n staat?
U kan ‘n staat aanvra by Oranjekas (0860 104 297), of u kan self een trek deur middel van die internetbankdienste. (www.oranjekas.co.za)
- Kan ek rekeninge betaal oor die internet?
Ja, u kan deur gebruik te maak van die internetbankdienste. Gaan na www.oranjekas.co.za en gaan na die nodige skakel. U kan dan begunstigdes skep en betalings maak, asook herhalende betalings.
- Kan ek aankope oor die internet doen?
Ja, u kan deur die kredietkaart-opsie te kies op die betrokke webwerf. Indien u vir ‘n CCV-nommer gevra word. Tik die laaste drie syfers in wat agterop die kaart gedruk is.
- Waar kan ek meer uitvind oor die kaart?
Skakel gerus Oranjekas of besoek ons kantore. U kan gerus ook ‘n draai maak by www.oranjekas.co.za vir meer inligting oor die kaarte. Stuur gerus ook ‘n e-pos aan kontak@oranjekas.co.za of skakel ons by 0860 104 297.