Spaar en Krediet Koöperatief Kontak Oranjekas


Geskiedenis

Die Afrikanervolk is tans in ‘n groot krisis. Ons word op verskeie terreine onderdruk en moet stoei om finansieël kop bo water te hou. Ons geld word grotendeels deur volksvreemdes beheer en bestuur, aangesien ons die mag oor ons eie geldsake verloor het.

Wat is die oplossing? Die Afrikanervolk moet sy eie strukture skep en dit sluit die bankwese ook in. Dit is hier waar Oranjekas ‘n leidende rol vervul deur as voertuig op te tree om die Afrikanervolk finansieël vry te maak. Oranjekas is die eerste stap na ‘n Volksgerigte, volkseie bank!

Sonder ‘n voertuig soos Oranjekas om ons volk se geld te bestuur sal elke ekonomiese vryheidspoging misluk. Deur as volk self beheer oor ons eie geldsake te neem, word die geleenthede geskep om eerstens vir volksgenote goeie, betroubare diens te lewer in ons mooi taal Afrikaans.Tweedens om die winste wat uit die proses gegenereer word, terug te kanaliseer na die volk en sy werksaamhede.

‘n Volk red homself! Oranjekas het deur die volk ontstaan, en gaan ten bate van die volk bly bestaan!

Word deel van hierdie poging tot ekonomiese vryheid, wat volkome vryheid tot gevolg kan hê.

Oranjekas is tydens ‘n stigtingsvergadering op 27 September 2008 gestig en finale registrasie het plaasgevind op 25 Junie 2009.

Sedert stigting het Oranjekas net van krag tot krag gegroei!