Spaar en Krediet Koöperatief Kontak Oranjekas


Aktivering van U kaart


ORANJEKAS – EKSTERNE KAART

VEILIGHEIDSMAATREËLS


Belangrik - Help ons om bedrog te voorkom

1. Maak seker dat u die kaart agterop teken en bewaar dit altyd op 'n veilige plek.

2. Maak seker dat die kaart en u geheime PIN-nommer afsonderlik gehou word.

3. Maak seker dat die kaart aan u teruggegee word ná elke kooptransaksie

4. Wanneer die kaart by 'n kooppunt gebruik word, maak seker dat niemand kyk wanneer u die PIN-nommer insleutel of u aandag aflei ten einde die kaart te steel nie. As u kaart gesteel word of verlore raak, meld dit onmiddellik aan by die Kliëntediens-sentrum by 0860 104 297.

AKTIVERING VAN KAART


Skakel 0861 113 673 en volg die instruksies om u kaart te aktiveer en om u PIN-nommer (Persoonlike Identifikasie nommer) te kies.

STEM EEN: Kies Afrikaans as taal

STEM TWEE: Sleutel asseblief u 16-syfer kaartnommer in. Moenie spasies tussen die syfers laat nie.

STEM DRIE: U kan gevra word om u geboortedatum te verstrek (12 Oktober 1956) of dit in die jaar, maand en dagformaat te verskaf (19561012)

STEM VIER: As u 'n Suid-Afrikaanse burger is, verstrek u Suid-Afrikaanse identiteitsnommer of verstrek die laaste vier syfers van u buitelandse paspoortnommer as u nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie.

STEM VYF:
1. Sleutel asseblief u 4-syfer PIN-nommer in.
2. Kies asb. 'n 4-syfer PIN-nommer tussen 1 en 9.
3. GEEN opeenvolgende nommers nie bv. 1234.
4. Moet asb. NIE u geboortedatum gebruik nie.
5. Bevestig asseblief u PIN deur dit weer in te sleutel

STEM SES: U PIN-nommer is suksesvol. U kan u kaart gebruik sodra geld daarop gelaai is.

U kan alternatiewelik slegs die woord "aktiveer" en die laaste vier syfers van u kaartnommer na 31571 SMS om u PIN- nommer regstreeks van die stelsel te verkry.